1. Toe Jerobeam op die altaar klim om te offer, het ’n man van God daar in Bet-El aangekom. Die man van God het van die land Juda gekom. Die Here het die man gestuur. Jerobeam het op die altaar gestaan om te offer,
2. en die man van God het met die altaar gepraat. Hy het ’n boodskap van die Here gebring en gesê: “Altaar, altaar, die Here sê: ‘Luister na wat Ek sê: Daar sal ’n seun gebore word in die koningshuis van Dawid. Sy naam sal Josia wees. Die priesters van die offer-plekke brand wierook op jou, maar Josia sal daardie priesters hier op jou offer, en hulle sal mense se bene op jou verbrand.’ ”
3. Die man van God het daardie dag gesê die Here sal hierdie teken gee: Die altaar sal oopbars, en die as sal op die grond val.
4. Toe koning Jerobeam hoor wat die man van God sê van die altaar in Bet-El, het hy sy hand uitgesteek van bo-op die altaar en hy het gesê: “Gryp hom!”Maar die hand wat hy uitgesteek het, het styf geword. Hy kon dit nie terugtrek nie.