Spreuke 27:19-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

19. Soos jy jou eie gesig sien as jy in die water kyk,so sien jy jouself in wat jy dink.

20. Die doderyk en die onderaardse diepte kry nie genoeg aan dooies nie;'n mens se oë kry nie genoeg van begeer nie.

21. Die waarde van silwer word in 'n smeltkroes getoets,dié van goud in 'n oond,dié van 'n mens aan die lof wat hy ontvang.

22. Al stamp jy 'n dwaas in 'n stampblok,al stamp jy hom saam met sandkorrels in 'n vysel,jy sal sy dwaasheid nie uit hom uit kry nie.

23. Sorg dat jy weet wat jou kleinvee nodig het,gee aandag aan jou veetroppe.

Spreuke 27