Spreuke 24:10-27 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. As jy weifel op die dag van nood,is jy nie opgewasse daarvoor nie.

11. Red dié wat na hulle dood toe gesleep word,dié wat val-val op pad isom doodgemaak te word as jy nie keer nie.

12. As jy sou sê: “Ons weet daar niks van af nie”sal God wat die gedagtes toets,weet wat die waarheid is.Hy wat oor jou wag hou, Hy weeten Hy vergeld 'n mens vir wat hy gedoen het.

13. Eet heuning, my seun, dit is lekker;die stroop is soet in jou mond.

14. So smaak die kennis, die wysheid ook;as jy dié gekry het, het jy 'n toekoms,en jou hoop sal jou nie ontneem word nie.

15. Moenie soos 'n slegte mens die regverdige by sy huis gaan voorlêen sy woonplek verwoes nie.

16. Al val die regverdige hoeveel keer, hy staan weer op,maar die goddeloses word deur rampe vernietig.

17. Moet jou nie verheug oor jou vyand se val nie,moenie juig wanneer hy ondergaan nie.

18. Die Here sal sien wat jy doen, en dit sal verkeerd wees in sy oë,en Hy sal jou vyand nie verder straf nie.

19. Moet jou nie ontstel oor skelms,jou kwel oor goddelose mense nie,

20. want 'n slegte mens het nie 'n toekoms nie;die lewenslig van die goddeloses word uitgedoof.

21. Dien die Here, my seun, en ook die koning;moet jou nie ophou met oproermakers nie.

22. Hulle ondergang kom skielik;niemand weet wanneer die Hereen die koning hulle vernietig nie.

23. Wat nou volg, is ook afkomstig van wyse mense.Dit is nie reg om partydig te wees in die regspraak nie.

24. 'n Regter wat 'n skuldige onskuldig verklaar,sal deur die hele bevolking vervloek word,deur almal verwens word.

25. Maar met regters wat regverdig straf, sal dit goed gaan;hulle sal geseën word met voorspoed.

26. Iemand wat eerlik antwoord, is 'n ware vriend.

27. Sit eers jou werk buite aan die gangen bewerk jou lande; daarna kan jy huis bou.

Spreuke 24