Romeine 9:3-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. oor my broers, my eie volksgenote. Ek sou self vervloek wou wees, afgesny van Christus, as dit tot hulle voordeel kon wees.

4. Hulle is tog Israeliete; vir hulle het God as sy kinders aangeneem en in sy heerlikheid was Hy by hulle; met hulle het Hy die verbonde gesluit en aan hulle die wet van Moses gegee, asook die tempeldiens en die beloftes;

5. hulle stam van die aartsvaders af, en uit hulle is die Christus as mens gebore — Hy wat God is, verhewe bo alles en lofwaardig vir ewig! Amen.

6. Dit wil nie sê dat die woord van God nie meer geld nie. Immers, nie almal wat van Israel afstam, is werklik Israel nie;

7. en nie almal wat nakomelinge van Abraham is, is werklik kinders van Abraham nie. Inteendeel, die belofte was: “Uit Isak sal daar vir jou 'n nageslag kom.”

8. Dit wil sê: Dit is nie die kinders wat in die gewone gang van die lewe gebore is, wat kinders van God is nie; dit is die kinders wat kragtens die belofte van God gebore is, wat as Abraham se nageslag gereken word.

9. Die woorde: “Op dié tyd sal Ek weer kom, en dan sal Sara 'n seun hê,” was immers 'n belofte.

10. En dis nie al nie. Rebekka was net een keer swanger, deur ons voorvader Isak.

14. Wat moet ons hieruit aflei? Dat God onregverdig is? Beslis nie!

15. Vir Moses het Hy gesê:“Ek sal barmhartig weesoor wie Ek barmhartig wil wees,en Ek sal My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.”

16. Dit hang dus nie af van 'n mens se wil of strewe nie, maar van God wat barmhartig is.

Romeine 9