Romeine 11:25-31 Afrikaans 1983 (AFR83)

25. Ons staan hier voor 'n geheimenis, broers, en ek wil hê julle moet weet wat dit is, sodat julle nie te selfversekerd sal wees nie. Die verharding het oor 'n deel van Israel gekom en duur totdat die volle getal uit die heidennasies in die koninkryk ingegaan het;

26. en op hierdie manier sal die hele Israel gered word. So staan daar geskrywe:“Uit Sion sal die Redder kom,en Hy sal die goddeloosheid van sy volk Jakob verwyder.

27. En hierdie verbond sal Ek met hulle sluitwanneer Ek hulle sondes wegneem.”

28. Wat die evangelie betref, is hulle wel vyande van God, en dit kom julle ten goede, maar kragtens die uitverkiesing is hulle geliefdes om die aartsvaders se ontwil.

29. As God eenmaal aan mense sy genadegawes geskenk en hulle geroep het, trek Hy dit nooit weer terug nie.

30. Vroeër was julle heidene, ongehoorsaam aan God, maar noudat die Jode ongehoorsaam geword het, het God Hom oor julle ontferm.

31. Net so gaan dit ook met die Jode: omdat God Hom oor julle ontferm het, het hulle nou ongehoorsaam geword. Maar dit gebeur sodat hulle self ook nou ontferming kan vind.

Romeine 11