25. Sisera het water gevra, sy het hom melk gegee,in 'n koningsbeker het sy vir hom dikmelk gegee.
26. In haar hand het sy die tentpen vasgevat,in haar regterhand die werksman se hamer.Sy het vir Sisera daarmee getref, sy kop papgeslaan,sy het die slaap van sy kop verbrysel,dit deurboor.
27. By haar voete het hy neergesak, geval en bly lê,by haar voete het hy neergesak en geval;waar hy neergesak het, het hy geval, morsdood.
28. “Sisera se ma het deur die venster gekyk,sy het by die traliewerk gestaan en gekla:‘Waarom talm sy strydwa om te kom,waarom bly die gedreun van sy strydwawiele weg?’