16. Toe sê hy:“Met die kakebeen van 'n donkiehet ek 'n hopie van hulle gemaak,met die kakebeen van 'n donkiehet ek duisend man doodgeslaan.”
17. Toe hy dit gesê het, het hy die kakebeen weggegooi en die plek Kakebeenshoogte genoem.
18. Simson was baie dors en toe roep hy tot die Here: “U het hierdie groot oorwinning deur my moontlik gemaak. Moet ek nou van dors sterf en in die hande van die heidene val?”
19. Toe het God die holte by Legi oopgebreek en daar het water uitgekom en Simson het gedrink en weer nuwe krag gekry. Daarom word die fontein in Legi nou nog Roepersfontein genoem.
20. Simson was in die tyd van die Filistyne twintig jaar lank leier van die Israeliete.