Rigters 13:14-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. Sy mag nie die opbrengs van 'n wingerdstok eet nie, en sy mag nie wyn of bier drink nie. Sy mag ook nie iets onreins eet nie. Sy moet alles doen wat Ek vir haar gesê het.”

15. Toe sê Manoag vir die Engel van die Here: “Wag tog 'n rukkie, dan maak ons vir u 'n bokkie gaar.”

16. Die Engel van die Here sê toe vir Manoag: “Al laat jy My 'n rukkie wag, sal Ek nie jou kos eet nie. Maar as jy 'n brandoffer wil bring, moet jy dit vir die Here bring.”Manoag het nie besef dat dit die Engel van die Here is nie,

17. en toe sê Manoag vir die Engel: “Wat is u naam? Wanneer u belofte waar word, wil ons aan u eer betoon.”

Rigters 13