Numeri 4:8-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Hulle moet 'n bloedrooi doek oor die offerbroodtafel gooi en dit met 'n seil van gebreide vel toemaak. Dan moet hulle die draaghoute insteek.

9. “Hulle moet die kandelaar met sy lampe, pithouers, bakkies en al die oliekanne in 'n blou doek toedraai.

10. Die kandelaar met al sy toebehore moet hulle op 'n seil van gebreide vel neersit en dit op 'n draagbaar sit.

11. Hulle moet 'n blou doek oor die goue wierookaltaar gooi en dit dan met 'n seil van gebreide vel toemaak. Dan moet hulle die draaghoute insteek.

12. “Hulle moet al die gereedskap neem wat vir die diens in die heiligdom nodig is, en dit op 'n blou doek sit. Dan moet hulle dit met 'n seil van gebreide vel toemaak en so op die draagbaar neersit.

Numeri 4