Nehemia 11:10-25 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Priesters:Jedaja seun van Jojarib, en Jakin;

11. Seraja seun van Gilkija, seun van Mesullam, seun van Sadok, seun van Merajot, seun van Agitub, was hoof van die tempel.

12. Hulle ampsgenote, wat die dienswerk in die tempel gedoen het, was 822.Verder was daar Adaja seun van Jerogam, seun van Pelalja, seun van Amsi, seun van Sagaria, seun van Pasgur, seun van Malkija,

13. met sy ampsgenote, 242 familiehoofde; en Amassai seun van Asarel, seun van Agsai, seun van Mesillemot, seun van Immer,

14. met sy ampsgenote, 128 dapper manne. Die bevelvoerder oor hulle was Sabdiël seun van Gedolim.

15. Leviete:Semaja seun van Gassub, seun van Asrikam, seun van Gasabja, seun van Bunni;

16. Sabbetai en Josabad was hoofde van die Leviete en belas met die toesig oor die werk buite die tempel;

17. Mattanja seun van Miga, seun van Sabdi, seun van Asaf, wat in beheer van die sang was, moes die lofprysing by die gebed behartig. Verder was daar Bakbukja, tweede in rang onder sy ampsgenote, en Abda seun van Sammua, seun van Galal, seun van Jedutun.

18. Al die Leviete in die heilige stad was 284.

19. Poortwagte:Akkub, Talmon en hulle ampsgenote wat by die poorte wag gehou het. Hulle was 172.

20. Die res van Israel en van die priesters en Leviete het oral in die stede van Juda gewoon, elkeen op sy eie stuk grond.

21. Die tempelslawe het op die Ofel gewoon. Hulle was onder die bevel van Siga en Gispa.

22. Die gesagvoerder oor die Leviete in Jerusalem was Ussi seun van Bani, seun van Gasabja, seun van Mattanja, seun van Miga, uit die nageslag van Asaf wat die sangers was by die dienswerk in die tempel.

23. Daar het 'n koninklike opdrag oor die sangers bestaan, 'n voorskrif oor hulle optrede soos dit elke dag moes geskied.

24. Petagja seun van Mesesabel, uit die nageslag van Serag seun van Juda, was die gevolmagtigde van die koning vir alle sake van die volk.

25. Wat betref die nedersettings met hulle boerderygebiede, daar het van die Judeërs in Kirjat-Arba en sy buiteposte gewoon, in Dimona en sy buiteposte, in Kabseël en die nedersettings by hom,

Nehemia 11