Nahum 2:3-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Die skilde van Nineve se aanvallers is rooi geverf,hulle soldate het rooi uniforms aan.Wanneer hulle gereedmaak om te veg,blink hulle strydwaens soos vuuren swaai hulle die spiese.

4. Oor die paaie dreun die strydwaens,hulle jaag oor die vlaktes;hulle lyk soos fakkels,soos blitse wat verbyskiet.

5. Nineve maak staat op sy bevelvoerders,maar hulle struikel as hulle aanstorm.Hulle hardloop na die stadsmuur toe,maar die vyand se stormram staan al!

6. Die sluise van die kanale word oopgetrek,en die paleis stort inmekaar.

7. Dit staan vas: Nineve word ontvolk,sy inwoners word weggevoer,sy slavinne kla soos duiwe wat koeren slaan hulleself op die bors.

8. Nineve is soos 'n damwaarvan die water uitloop.“Staan, bly staan!” klink die bevel,maar niemand draai om nie.

Nahum 2