Matteus 28:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Na die sabbatdag, toe dit die Sondagmôre begin lig word, het Maria Magdalena en die ander Maria na die graf gaan kyk.

2. Skielik was daar 'n geweldige aardbewing. 'n Engel van die Here het van die hemel af gekom, na die graf toe gegaan, die klip weggerol en daarop gaan sit.

3. Sy voorkoms was so blink soos weerlig en sy klere so wit soos sneeu.

4. Van skrik vir hom het die wagte gebewe en soos dooies geword.

Matteus 28