Matteus 19:20-25 Afrikaans 1983 (AFR83)

20. “Dit alles het ek nagekom,” het die jongman gesê. “In watter opsig skiet ek nog te kort?”

21. Jesus het hom geantwoord: “As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou besittings en gee die geld vir die armes, en jy sal 'n skat in die hemel hê. Kom dan terug en volg My.”

22. Toe die jongman dit hoor, het hy bedruk weggegaan, want hy het baie besittings gehad.

23. Jesus het toe vir sy dissipels gesê: “Dit verseker Ek julle: 'n Ryk mens sal moeilik in die koninkryk van die hemel kom.

24. Ek stel dit nog sterker: Dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te kom as vir 'n ryke om in die koninkryk van God te kom.”

25. Toe die dissipels dit hoor, het dit hulle geweldig ontstel, en hulle het gesê: “Wie kan dan gered word?”

Matteus 19