Matteus 15:23-28 Afrikaans 1983 (AFR83)

23. Maar Hy het haar niks geantwoord nie.Sy dissipels kom toe by Hom en vra: “Stuur haar weg, want sy hou aan met skreeu hier agter ons.”

24. Jesus antwoord: “Ek is net na die verlore skape van die volk Israel toe gestuur.”

25. Maar die vrou kom kniel voor Hom en sê: “Here, help my!”

26. Hy sê vir haar: “Dit is nie mooi om die kinders se brood te vat en vir die hondjies te gooi nie.”

27. “Dit is waar, Here,” sê sy, “maar die hondjies eet darem van die krummels wat van hulle base se tafels afval.”

28. “Mevrou,” sê Jesus vir haar, “jou geloof is groot. Jou wens word vervul.”Van daardie oomblik af was die dogter gesond.

Matteus 15