35. So moes vervul word wat die Here deur 'n profeet gesê het:“Ek sal gelykenisse gebruik as Ek praat;Ek sal bekend maak wat geheim gebly het van die skepping af.”
36. Daarna het Jesus van die mense af weggegaan huis toe. Sy dissipels kom toe by Hom en vra: “Verduidelik tog vir ons die gelykenis van die onkruid in die land.”
37. Jesus antwoord: “Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens.
38. Die saailand is die wêreld. Die goeie saad, dit is die mense van die koninkryk; die onkruid is die aanhangers van die Bose;
39. die vyand wat die onkruid saai, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld; dié wat oes, is die engele.