Matteus 11:25-29 Afrikaans 1983 (AFR83)

25. Daardie tyd het Jesus gesê: “Ek prys U, Vader, Here van hemel en aarde, dat U hierdie dinge vir slim en geleerde mense verberg het en dit aan eenvoudiges bekend gemaak het.

26. Ja, Vader, so was dit u genadige bedoeling.

27. “My Vader het alles aan My toevertrou, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; en ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun Hom wil bekend maak.

28. “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.

29. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed.

Matteus 11