Levitikus 2:3-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Die oorblywende deel van die graanoffer is vir Aäron en sy seuns. Dit is 'n besondere gewyde gawe, 'n deel van die vuuroffer wat vir die Here gebring is.

4. “Wanneer jy 'n graanoffer uit die oond aanbied, moet dit van fynmeel wees. Dit kan ongesuurde ringbrood wees, met olie geknie, of ongesuurde roosterkoek, met olie gesmeer.

5. As jou graanoffer op 'n bakplaat gebak word, moet dit van fynmeel wees, geknie met olie en sonder suurdeeg.

6. Jy breek dit in stukke en gooi olie daaroor. Dit is die graanoffer.

7. As jou graanoffer in 'n bakpan gebak word, maak jy die fynmeel met olie aan.

8. “Jy bring dan die graanoffer wat jy op een van dié maniere vir die Here klaargemaak het, na die priester toe, en hy bring dit na die altaar toe.

9. Die priester vat die deel wat as simbool vir die hele offer dien en verbrand dit op die altaar. Dit is 'n vuuroffer wat deur die Here aanvaar word.

10. Die oorblywende deel van die graanoffer is vir Aäron en sy seuns. Dit is 'n besondere gewyde gawe, 'n deel van die vuuroffer wat vir die Here gebring is.

11. “Geen graanoffer wat vir die Here aangebied word, mag suurdeeg in hê nie. Julle mag geen suurdeeg of heuning verbrand as 'n vuuroffer vir die Here nie.

12. Julle mag dit as eerstelingoffer vir die Here aanbied, maar op die altaar mag dit nie kom as 'n offer wat deur die Here aanvaar word nie.

Levitikus 2