Klaagliedere 1:3-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Juda se mense is weggevoer, hulle kry swaar, hulle is slawe,hulle sit tussen vreemde nasieswaar hulle geen rusplek kry nie;hulle agtervolgers het hulle ingehaal,hulle in die noutes vasgekeer.

4. Die paaie na Sion toe treuromdat daar geen feesgangers is nie;al haar poorte is verlate,haar priesters sug,haar jong vroue is bedroef,sy het dit bitter.

5. Haar teëstanders het haar heersers geword,haar vyande lewe nou rustig.Die Here het haar laat ly oor haar baie sonde;haar kinders het ballinge geword,deur die vyand weggevoer.

6. Die prag van Sion het alles verdwyn.Haar leiers het soos takbokke gewordwat geen weiveld vind nie,hulle moes magteloos wegtrek voor hulle agtervolgers uit.

7. In hierdie dae van haar ellende en verdrukkingdink Jerusalem aan al haar kosbare dinge van die verlede.Toe haar volk in die hande van die vyand geval het,was daar niemand wat haar gehelp het nie;haar vyande het dit gesien,hulle het gelag oor wat van haar geword het.

Klaagliedere 1