Josua 5:5-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. al die mense wat destyds getrek het, was besny, maar die mense wat in die woestyn onderweg gebore is tydens die uittog uit Egipte, was nie een besny nie;

6. die Israeliete het veertig jaar lank in die woestyn rondgetrek, totdat die hele nasie uitgesterf het, dit wil sê die weerbare manne wat uit Egipte getrek het en ongehoorsaam was aan die opdrag van die Here. Hy het destyds 'n eed afgelê dat hulle nie die land sou sien wat Hy met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het om aan hulle te gee nie, 'n land wat oorloop van melk en heuning;

7. Hy het daardie mense se kinders in hulle plek gestel en vir hulle het Josua besny, want hulle was nog nie besny nie, hulle is nie langs die pad besny nie.

8. Nadat die hele nasie klaar besny is, het hulle eers in die kamp gebly tot hulle gesond was.

9. Die Here het vir Josua gesê: “Vandag het Ek julle bevry van die smaad wat van Egipte se tyd af op julle rus.”Josua het die plek toe Gilgal genoem. Dit is vandag nog die naam.

10. Terwyl die Israeliete nog in Gilgal in die kamp was, het hulle die paasfees daar in die Jerigovlakte gevier, op die veertiende van die maand, in die aand.

Josua 5