13. Die Israeliete het egter nie die mense van Gesur en Maäka verdryf nie, en hulle woon nou nog tussen die Israeliete.
14. Net aan die stam Levi het Moses nie 'n eie besitting toegeken nie. Die Leviete is offers aan die Here die God van Israel en hulle ontvang van wat Hom toekom, soos Hy hulle beloof het.
15. Aan die families in die stam Ruben het Moses die volgende gebied toegeken:
16. van Aroër af op die oewer van die Arnonrivier, van die stad af aan die rivier, die hele hoogvlakte tot by Medeba,
17. en tot by Gesbon met al sy stede op die hoogvlakte: Dibon, Bamot-Baäl, Bet-Baäl-Meon,
18. Jahas, Kedemot, Mefaät,
19. Kirjatajim, Sibma, Seret-Sagar op die berg in die laagte,
20. Bet-Peor, Asdot-Pisga en Bet-Jesimot,
21. al die stede op die hoogvlakte, die hele koninkryk van die Amoritiese koning Sihon wat in Gesbon geregeer het. Moses het vir Sihon verslaan en ook die Midianitiese leiers Ewi, Rekem, Sur, Gur en Reba, stamhoofde wat aan Sihon onderhorig was en in die land gewoon het.
22. Die waarsêer Bileam seun van Beor is een van dié wat deur die Israeliete doodgemaak is.
23. Die gebied van die stam Ruben het aan die Jordaan gegrens.Dit was dan die besitting van die families in die stam Ruben, die stede en hulle buiteposte.
24. Aan die families in die stam Gad het Moses die volgende gebied toegeken:
25. Jaser, al die stede in Gilead, die helfte van die Ammonitiese gebied tot by Aroër wat regoor Rabba lê,