Johannes 5:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Hierna was daar weer 'n fees van die Jode, en Jesus het daarvoor Jerusalem toe gegaan.

2. By die Skaappoort in Jerusalem was daar 'n bad met die Hebreeuse naam Betesda. Dit het vyf pilaargange gehad,

3. waar daar baie gestremdes gelê het: blindes, kreupeles en lammes.

5. Onder hulle was daar 'n sekere man wat al ag en dertig jaar lank siek was.

6. Jesus het hom sien lê en het geweet dat hy al baie lank siek was. Toe vra Hy vir hom: “Wil jy gesond word?”

7. Die sieke het Hom geantwoord: “Meneer, ek het niemand om my in die bad te sit as die water in beweging kom nie; en terwyl ek aansukkel, gaan iemand anders voor my in.”

Johannes 5