Joël 2:3-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Die leër se voorhoede is 'n vuur wat verteer,sy agterhoede 'n vlam wat brand.Voor die koms van die sprinkaanswerm is die veld soos die tuin van Eden;as hy verby is, is dit 'n onbewoonbare woestyn.Hy laat niks oorbly nie.

4. Sy manskappe lyk soos perde,hulle galop soos ryperde.

5. Op die bergtoppe dreun hulle soos strydwaens,knetter hulle soos die vuur van 'n grasbrandwanneer dit strooi verbrand,rumoer hulle soos 'n groot leër wat klaarmaak om te veg.

6. Voor hulle bewe die nasies,almal word wit van angs.

7. Hulle storm vorentoe soos dapper soldate,hulle klim oor die stadsmure.Elkeen gaan reg vorentoe,hulle verander nie van rigting nie.

8. Die een stamp nie teen die ander nie;elkeen bly op sy pad.Hoe hulle ook sneuwel voor die verdediging,hulle raak nie van koers af nie.

9. Hulle oorval die stad,hulle hardloop oor die mure,hulle storm die huise binne,soos diewe klim hulle deur die vensters.

10. Die aarde skrik vir hulle,die hemel bewe;die son en die maan word donker,die sterre verloor hulle glans.

11. Die Here laat sy stem weerklink voor sy leërmag uit.Sy leër is ontsaglik groot,dié wat die Here se bevel uitvoer, is sterk.Die dag van die Here is 'n groot dag,'n verskriklike dag;wie is daarteen bestand?

12. Maar nou sê die Here:Kom met julle hele hart terug na My toe,vas, huil en treur!

13. Skeur julle harte, nie julle klere nie.Kom terug na die Here julle God toe:Hy is genadig en barmhartig;Hy is lankmoedig en vol liefde.Hy is bereid om straf te herroep.

14. Wie weet of Hy nie die straf sal herroep nie;of Hy nie weer voorspoed sal gee niesodat daar weer graan- en drankoffers sal weesvir die Here julle God!

15. Blaas die ramshoring in Sion,bepaal 'n dag om te vas,roep die gemeente bymekaar.

16. Roep die volk op,reinig die gemeente,laat die leiers bymekaarkom,bring die kinders bymekaar,selfs dié wat nog drink.Die bruidegom moet uit sy kamer uitkom,die bruid uit haar wittebroodskamer.

17. Die priesters wat in die diens van die Here staan,moet tussen die voorportaal en die altaar gaan staan en huil,hulle moet sê:“Betoon medelye met u volk, Here,moenie die volk wat aan U behoort, tot 'n bespotting maak,sodat die nasies met hulle sal spot nie.Waarom moet daar onder die volke gevra word:Waar is Israel se God?”

18. Die Here het vir sy land opgekom,Hy het medelye betoon met sy volk.

19. Die Here het sy volk geantwoord:Ek stuur vir julle koring en wyn en olie.Julle sal oorgenoeg hê.Ek sal julle nie weer tot 'n bespottingonder die nasies maak nie.

20. Hierdie vyand uit die noorde sal Ek wegvat van julle af,Ek sal hom wegjaag na 'n droë en verwoeste land toe,sy voorpunt sal in die Dooie See belanden sy agterhoede in die Middellandse See.Sy stank sal opstyg,sy slegte reuk sal versprei,want hy het hom groot gehou.

Joël 2