Jesaja 66:1-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. So sê die Here:Die hemel is my troonen die aarde die rusplek vir my voete.Hoe moet die huis dan weeswat julle vir My bou,die plek waar Ek kan woon?

2. Ek het alles gemaaken so het alles ontstaan,sê die Here.Ek slaan ag op die mens in nood,op dié een wat berou het oor sy sonde,wat ontsag het vir my woord.

3. Die mense offer bullemaar hulle maak ook mense dood as offers,hulle offer lammersmaar hulle breek ook honde se nekke as offers,hulle bring graanoffers maar ook offers van varkbloed,hulle offer wierook maar hulle prys ook afgode;hulle het besluit om hulle eie kop te volg,hulle is lief vir hulle afskuwelike afgodsoffers.

4. Daarom besluit Ek dat hulle gestraf moet worden bring Ek verskrikking oor hulle.Toe Ek geroep het, het niemand geantwoord nie,toe Ek gepraat het, het niemand geluister nie;hulle het gedoen wat verkeerd is in my oë,hulle het gekies vir wat My nie aanstaan nie.

5. Hoor die woord van die Here,julle wat ontsag het vir sy woord:Julle broers deur wie julle gehaat word,deur wie julle verstoot word ter wille van my Naam, sê:“Laat die Here sy mag bewys,dat ons kan sien waarom julle so bly is!”Maar hulle sal ontnugter word:

6. hoor die rumoer daar in die stad,hoor daar in die tempel,hoor hoe die Here sy vyande strafoor hulle dade.

7. Bring 'n vrou 'n kind in die wêreldvoordat sy geboortepyne het?Kry sy 'n kind voordat die pyne haar oorval?

8. Wie het al so iets gehoor?Wie het dit al gesien?Word 'n land op een dag gebore,of word 'n nasie in een oomblik in die wêreld gebring?Maar Sion het skaars geboortepyne gekryof sy het haar kinders in die wêreld gebring.

9. Sou Ek die moederskoot laat oopgaanen nie 'n geboorte laat plaasvind nie?vra die Here.Of sou Ek wat geboortes laat plaasvind,die moederskoot toesluit?vra jou God.

10. Wees bly saam met Jerusalemen juig saam met haar,almal wat haar liefhet.Wees vrolik saam met haar,almal wat oor haar getreur het.

11. Julle sal aan haar drinktotdat julle genoeg het,totdat julle veilig voel;julle sal drink van die oorvloed wat sy het,en dit geniet.

12. So sê die Here:Ek laat vrede na haar toe aankom soos 'n rivier,Ek laat die rykdom van die nasies na haar toe stroom.Julle sal aan haar drink,aan haar bors gedra worden op haar skoot getroetel word.

13. Soos 'n moeder haar kind laat veilig voel,so laat Ek julle veilig voel.Julle sal veilig voel in Jerusalem.

14. Julle sal dit beleef en julle sal bly wees;julle sal nuwe lewe kry soos groen gras wat uitspruit.So sal die mag van die Here geopenbaar word aan sy dienaars,en sal Hy sy vyande straf.

Jesaja 66