12. Ek gaan julle straf met die dood,julle sal almal inmekaarsak en doodgesteek word,omdat julle nie geantwoord het toe Ek geroep het nie,nie geluister het toe Ek gepraat het nie.Julle het gedoen wat verkeerd is in my oë,julle het gekies vir wat My nie aanstaan nie.
13. Daarom, so sê die Here my God,sal my dienaars genoeg hê om te eet,maar julle sal honger ly;my dienaars sal genoeg hê om te drink,maar julle sal dors ly;my dienaars sal bly wees,maar julle sal teleurgestel staan.
14. My dienaars sal jubel omdat dit met hulle goed gaan,maar julle sal skreeu van pyn,julle sal huil van hartseer.
15. Dié wat Ek uitverkies het, sal julle naam gebruikom mense mee te vervloek.Die Here my God sal júlle ombring,maar aan dié wat Hom dien,gee Hy 'n nuwe toekoms.
16. Elkeen in die land wat om voorspoed bid,sal dit doen in die Naam van die God wat getrou is,en elkeen in die land wat 'n eed aflê,sal dit doen in die Naam van die God wat getrou is.Die swaarkry van vroeër sal vergeet wees,Ek laat dit verdwyn.
17. Ek gaan 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde skep;aan dié wat daar nou is, sal daar nie meer gedink word nie,hulle sal nie onthou word nie.