1. Ek het my wil geopenbaar aan 'n volkwat nie na My gevra het nie.Ek het My laat vind deur mensewat My nie in die gebed gesoek het nie.Vir 'n nasie wat My nie aangeroep het nie,het Ek gesê: Hier is Ek! Hier is Ek!
2. Ek het gedurig my hande uitgesteek na 'n opstandige volkwat 'n pad geloop het wat nie goed is nie,wat hulle eie kop gevolg het.
3. Hierdie volk beledig My gedurig in my gesig,hulle bring soos heidene offers in tuineen brand wierook op hulle altare.
4. Hulle sit tussen die grafteen bly snags in geheime plekke.Hulle eet varkvleis,en daar is onrein vleis in hulle borde.
5. Hulle sê: “Bly waar jy is! Moenie naby my kom nie!Ek is te heilig vir jou!”Hierdie mense maak My woedend,hulle laat my toorn losbreek.
6. By My staan dit vas:Ek gaan ingryp,Ek gaan hulle straf,Ek gaan hulle straf volgens wat hulle verdien.
7. Ek gaan hulle straf oor hulle en hulle voorvaders se sondes,sê die Here.Hulle het wierook gebrand op die bergeen My beledig op die heuwels.Ek gaan hulle straf vir hulle dade van vroeër,volgens wat hulle verdien.