Jesaja 60:18-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

18. Daar sal nie meer gehoor word van geweld in jou land nie,of van ondergang en verwoesting binne jou grense nie.Jy sal jou mure noem: Redding,jou poorte: Lof.

19. Bedags sal dit nie die son wees wat vir jou lig gee nie,snags sal dit nie die maan wees wat oor jou skyn nie:die Here sal vir jou 'n ewige lig wees,en jy sal roem in jou God.

20. Jou son en jou maan is die Here,Hy gaan nie onder nie en word nie dof nie.Die Here sal vir jou 'n ewige lig wees,jou dae van smart is verby.

21. Al jou inwoners sal regverdiges wees,hulle sal die land vir altyd besit.Hulle is die loot wat Ek self daar geplant het,die werk van my handeom my roem te vermeerder.

22. Die kleinste onder hulle sal duisende word,die swakste 'n sterk nasie.Wanneer die tyd daarvoor kom, doen Ek dit.Ek is die Here.

Jesaja 60