10. Uitlanders sal jou mure herbou,en hulle konings sal in jou diens wees.Ek het jou in my toorn gestraf,maar in my genade ontferm Ek My oor jou.
11. Jou poorte sal altyd oop staan,dag of nag sal hulle nie gesluit word niesodat die rykdomme van die nasies na jou toe gebring kan word,en hulle konings as gevangenes na jou toe gelei kan word.
12. Die nasie, die koninkryk wat jou nie dien nie, sal verdwyn,dié nasies sal heeltemal tot niet gaan.
13. Die hoë bome van die Libanon sal na jou toe kom,sipresse, platane en denne,om die roem van my heiligdom te vermeerder,om luister te verleen aan my tempel:
14. dié wat jou verdruk het,sal na jou toe kom en buig,almal wat jou met minagting behandel het,sal by jou voete kniel.Hulle sal jou noem: Stad van die Here,Sion van die Heilige van Israel.
15. Jy sal nie meer verstoot en gehaat wees nie,'n plek waar niemand kom nie,want Ek gee blywende roem aan jou,vreugde sonder einde.
16. Jy sal deur nasies en konings versorg wordsoos 'n kind wat aan sy moeder se bors gevoed word.Dan sal jy besef dat Ek die Here is, jou Redder,dat die magtige God van Jakob jou Verlosser is.