Jesaja 58:4-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Julle vasdae loop uit op twis en rusie,julle dam mekaar met die vuis by.Julle kan nie op hierdie manier vasen dan verwag dat julle gebed verhoor sal word in die hemel nie.

5. Is dit ál wat Ek op 'n vasdag wil hê:net dat 'n mens homself verneder,dat hy sy nek buig soos 'n biesieen in sak en as sit?Noem jy dít 'n vasdag,'n dag waarvan die Here hou?

6. Is die vas wat Ek wil hê, nie dít nie:om dié wat onregverdig gevange gehou word, te bevry,om die juk wat op mense druk, af te haal,om verdruktes vry te maak,om elke juk te breek?

7. Is dit nie dat jy vir dié wat honger is,van jou brood gee nie,dat jy aan die armes en die dakloses 'n blyplek gee nie,dat wanneer jy iemand sonder klere sien,jy vir hom klere gee nie,dat jy jou medemens nie aan sy lot oorlaat nie?

8. Dan sal die lig vir jou deurbreek soos die rooidag,jy sal gou herstel.Hy wat jou red, sal voor jou uit gaan,die mag van die Here sal agter jou aankom.

Jesaja 58