Jesaja 58:10-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. as jy jou wy aan dié wat honger het,as jy voorsien in die behoeftes van dié wat in nood is,sal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is,sal wat vir jou nag is, word soos die helder middag.

11. Die Here sal jou altyddeur lei;selfs in dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien.Hy sal jou sterk maak.Jy sal wees soos 'n tuin met volop water,soos 'n fontein waarvan die water nie opdroog nie.

12. Jou mense sal die ou puinhope herbou,die fondamente herstel wat al geslagte lank bestaan.Jy sal bekend staan as 'n volk wat sy afgebreekte mure herbou,wat sy strate herstel sodat daar weer mense kan woon.

13. As jy nie op die sabbat oortree nie,op my heilige dag doen net wat jy wil nie,as jy die sabbat 'n vreugde noem,as jy die heilige dag van die Here in ere hou,as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie,nie te doen net wat jy wil nie,en nie handel dryf nie,

14. sal jy vreugde vind in die Here.Ek sal jou die land weer in besit laat neem,Ek sal jou laat eet van die opbrengs van die land van jou vader Jakob.Ek, die Here, het dit gesê.

Jesaja 58