Jesaja 48:7-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Ek gaan dit nou doen, dit was nie voorheen daar nie.Voor vandag het julle nie daarvan gehoor nie,julle kan nie sê:“Ons het dit al geweet” nie.

8. Julle het nog niks daarvan gehoor nieen julle weet nog niks daarvan nie.Julle kon dit nie vantevore hoor nie,want Ek het geweet dat julle nie vertrou kan word nie,dat julle van julle geboorte af al as oortreders bekend is.

9. Ter wille van my Naam bedwing Ek my toorn,ter wille van my eer tree Ek nie op teen julle niedat julle nie vernietig word nie.

10. Ek het jou gelouter,maar nie soos silwer gelouter word nie,Ek het jou gelouter in die smeltkroes van ellende.

11. Ter wille van Myself en daarom alleen, doen Ek dit,Ek laat my Naam nie oneer aandoen nie.Ek gee die eer wat My toekom, aan niemand anders nie.

12. Luister na My, Jakob,luister, Israel, vir wie Ek geroep het:Ek is die Here,Ek is die eerste, en Ek is die laaste.

13. Met my eie hand het Ek die aarde se fondamente gelê,deur my mag het Ek die hemelkoepel oopgesprei:Ek het hulle te voorskyn geroepen hulle het tot stand gekom.

Jesaja 48