1. So sê die Here aan sy gesalfde, aan Kores,vir wie Hy as heerser aangestel het,aan wie Hy nasies onderwerpen voor wie Hy konings hulle wapens laat neerlê,voor wie Hy deure oopmaaken poorte nie gesluit laat bly nie:
2. Ek self sal voor jou uit gaanen hoogtes gelykmaak.Ek sal bronspoorte oopbreeken sluitbalke van yster stukkend kap.
3. Ek sal vir jou die skatte gee wat in die donker gebêre word,die rykdomme wat weggesluit is,sodat jy kan weet dat Ek die Here is,dat Ek jou op jou naam geroep het,Ek, die God van Israel.
4. Ter wille van my dienaar Jakob,van Israel wat Ek uitverkies het,het Ek jou op jou naam geroep,gee Ek jou 'n eretitel hoewel jy My nie ken nie.
5. Ek is die Here, daar is geen ander nie,buiten My is daar geen God nie.Ek rus jou toe vir jou taak al ken jy My nie.
6. Ek doen dit sodat elkeen van die ooste aftot in die weste kan weetdat daar buiten My geen God is nie;Ek is die Here, daar is geen ander nie.
7. Ek maak die lig en skep die donker;Ek gee voorspoed en skep rampspoed.Ek is die Here, Ek doen al hierdie dinge.
8. Laat die reën uitsak, hemel,laat redding reën, wolke,breek oop, aarde, laat voorspoed ontkiem,laat trou uitspruit.Ek is die Here, Ek skep hierdie dinge.