Jesaja 44:3-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Ek sal volop water gee op die dorsland,strome op die droë grond.Ek sal my Gees uitgiet op jou kinders,my seën op jou nakomelinge.

4. Hulle sal uitspruit soos gras in die veld,soos wilgerbome langs waterlope.

5. Die een sal sê: “Ek behoort aan die Here,”en homself 'n nakomeling van Jakob noem;die ander sal op sy hand skryf: Die Here S'nen homself 'n lid van die volk Israel noem.

6. So sê die Here, die Koning van Israel,sy Verlosser, die Here die Almagtige:Ek is die eerste en Ek is die laaste,buiten My is daar geen God nie.

7. Wie soos Ek is, laat hom dit sê,laat hom sy saak stel en dit aan My voorlê;laat hom 'n verklaring gee van wat gebeur hetvandat Ek my volk lank gelede gemaak heten ook van wat sal gebeur;laat hy vertel van die dinge wat kom.

Jesaja 44