Jesaja 43:20-27 Afrikaans 1983 (AFR83)

20. Die wilde diere sal My vereer,die jakkalse en die volstruise,omdat Ek water gee in die woestyn,riviere in die droë wêreldom my volk, my uitverkore volk, se dors te les.

21. Dit is die volk wat Ek vir My geskep het,en wat my lof sal verkondig.

22. Maar jy het My nie aangeroep nie, Jakob,jy het nie moeite gedoen om My te dien nie, Israel.

23. Jy het nie vir My kleinvee as brandoffers gebring,My nie met offers vereer nie;Ek het jou nie belas met graanoffers nie,jou nie die moeite aangedoenom vir My wierookoffers te bring nie.

24. Jy het nie geld uitgegeeom vir My wierookoffers te koop nie,en jy het My nie met die vet van offers verkwik nie.Inteendeel, jý het Mý belas met jou sondes,jy het My moeite aangedoen met jou oortredinge.

25. En tog is dit Ek wat jou opstandigheid vergewe.Ek is getrou aan Myself,Ek dink nie meer aan jou sondes nie.

26. Kla My aan,laat ons die saak tussen ons uitmaak,praat jy en bewys jou onskuld.

27. Jou eerste voorouer het gesondigen jou woordvoerders het teen My oortree.

Jesaja 43