3. Hy agtervolg hulle en trek ongehinderd voort,sy voete raak nie eens grond nie.
4. Wie het dit bewerkstellig, dit gedoen?Wie het die verloop van dinge van die begin af bepaal?Dit is Ek, die Here! Ek is die eerste,en wanneer die laaste dinge gebeur,sal Ek nog die Here wees.
5. Die eilande het gesien wat gebeur en het bang geword,die hele aarde het gebewe.Die mense kom bymekaar,
6. hulle help mekaar en praat mekaar moed in.
7. Die ambagsman praat die goudsmid moed in,die een wat die metaal uitklop,praat hom wat dit aanmekaar smee, moed in.Hulle sê: “Die smeewerk is goed!”Dan slaan hulle die beeld met spykersvas dat hy nie omval nie!
8. Maar jy, my dienaar, Israel,Jakob vir wie Ek uitverkies het,afstammeling van Abraham vir wie Ek liefhet,
9. jy, vir wie Ek van die uiteindes van die aarde af gegryp het,van sy uithoeke af geroep het,vir jou het Ek gesê: Jy is my dienaar,Ek het jou uitverkies, Ek het jou nie verwerp nie.
10. Moenie bang wees nie, Ek is by jou,moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God.Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas,met my eie hand red Ek jou.