Jesaja 40:12-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. Wie het die waters in die holte van sy hand afgemeet,met die breedte van sy hand die maat van die hemel bepaal,met 'n maatemmer die grond van die aarde afgemeet,met 'n skaal die berge en die heuwels geweeg?

13. Wie kan die Gees van die Here peil,wie kan sy raadgewer wees?

14. Vir wie raadpleeg Hydat dié Hom tot insig sou bringen Hom sou leer wat om te doen?Wie leer Hom en onderrig Homdat Hy met insig kan optree?

15. Die nasies is vir Hom soos 'n druppel aan 'n emmer,soos 'n stoffie op 'n skaal.As Hy die eilande op 'n skaal sit,is hulle soos stofdeeltjies.

16. Al die hout op die Libanonis nie genoeg vir vuur op die altaar nieen al die wild nie genoeg vir 'n offer aan die Here nie.

17. Al die nasies is soos niks teenoor Hom,hulle is vir Hom minder as niks, asof hulle nie bestaan nie.

18. Met wie kan julle God dan vergelyk?Met watter beeld kan julle Hom gelykstel?

19. 'n Beeld word deur 'n ambagsman gegieten deur 'n smid met goud oorgetreken met silwerkettinkies versier.

20. Wie te arm is vir so 'n offer aan sy god,kies hout wat nie vrot nieen soek vir hom 'n bedrewe ambagsmanom vir hom 'n beeld te maak wat nie omval nie!

21. Weet julle dan nie,het julle nie gehoor nie,is dit nie van die begin af aan julle bekend gemaak nie,het julle nie 'n begrip van hoe die aarde ontstaan het nie?

22. God het sy troon bokant die hemelkoepel,die aardbewoners is vir Hom soos sprinkane.Hy span die hemel oop soos 'n tentdoek,oop soos 'n tent vir die mense om onder te woon.

23. Hy maak die vername mense tot niks,die heersers van die wêreld asof hulle nie bestaan nie.

Jesaja 40