Jesaja 34:10-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Dit sal bly brand, dag en nag;die rook sal aanhou opstyg.Geslagte lank sal die land in puin lê;tot in die verre toekoms sal niemand ooit weer daar rondtrek nie.

11. Uile en kraaie sal hom in besit neemen hulle daar tuismaak.Die Here sal sy maatlyn span en sy skietlood aanlêen bepaal dat die land onbewoonbaar en leeg moet word.

12. Vir dié wat in Edom gesag uitgeoefen het,sal daar nie meer 'n koninkryk wees nie,al sy leiers sal daarmee heen wees.

13. Dorings sal in sy paleise opkom,brandnetels en dissels in sy vestings,hy sal 'n lêplek vir jakkalse, 'n tuiste vir volstruise wees.

14. Wildehonde en hiënas sal mekaar daar kry,veldgode sal na mekaar roepen die naggees sal daar bly en 'n woonplek vind.

Jesaja 34