21. Daar sal die Here vir ons die magtige God wees,daar waar die strome, die riviere, breed sal vloeisonder dat die vyand se roeibote daarop vaar,die oorlogskepe daar verbykom.
22. Die Here is ons Regter,die Here is ons Leidsman,die Here is ons Koning,Hy sal ons red.
23. Die toue van die vyand se skepe hang slap,hulle hou nie die maste regop nie,en die seile kan nie gespan word nie.Daar word buit in oorvloed verdeel,selfs lammes vat wat hulle wil.
24. Niemand in die stad sal meer sê: “Ek is siek” nie;die sonde van die volk wat in Sion woon, is vergewe.