6. 'n Dwaas laster teen God,sy gedagtes is net met sonde besig;wat hy doen, wys dat hy ver van die Here af leef,wat hy vir die Here sê, is vals.So iemand laat 'n honger mens honger blyen weier om 'n dors mens water te gee.
7. 'n Skurk se motiewe is kwaadwillig,hy smee boosaardige planneom met leuens die ondergang van eenvoudige, arm mense te bewerk,ook al beroep hulle hulle op die reg.
8. 'n Eerbare mens het eerbare bedoelingsen hy kom op vir wat eerbaar is.
9. Gee aandag, luister na my, julle vrouens wat so onbesorg lewe,luister na wat ek sê, julle wat so selfversekerd is!
10. Julle wat nou so selfversekerd is,sal oor iets meer as 'n jaar rede hê om te bewe:daar sal nie druiwe wees om te oes nie,geen vrugte om te pluk nie.
11. Staan maar nou al verskrik, onbesorgdes,begin maar bewe, selfversekerdes!Trek uit julle klere, trek rouklere aan,