Jesaja 30:4-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Die leiers van Juda is al in Soan,sy boodskappers het al in Ganes aangekom,

5. maar hulle sal almal teleurgestel worddeur dié volk wat nie kan help nie,wat nie hulp en bystand kan verleen niemaar wat skande en vernedering bring.

6. 'n Uitspraak van die Here oor die diere in die Suidland:Die gesante van Juda bring hulle ryk geskenke, hulle skatte,op die rûe van hulle donkies en hulle kamele;hulle bring dit deur 'n gebied vol gevaar en angswaar leeus en slange boer en waar drake rondvlieg,hulle bring dit na 'n volk toe wat nie kan help nie.

7. Egipte is niks, sy hulp beteken niks!Ek noem hom Rahab, die een wat niks kan doen nie.

8. Gaan skryf dit nou op waar Juda by is,teken dit aan dat dit altyd teen hulle kan getuigin die dae wat kom.

9. Hulle is 'n weerbarstige volk,hulle is mense wat liegen wat weier om te luisterna wat die Here wil.

10. Hulle sê vir die sieners:“Moenie gesigte sien nie!”Hulle sê vir dié wat gesigte sien:“Moenie gesigte sien oor wat ons moet doen nie,vlei ons liewer,sien liewer dinge wat ons mislei!

11. Gee pad voor ons, moenie voor ons kom staan nie;laat die Heilige van Israeluit ons teenwoordigheid verdwyn!”

12. So sê die Heilige van Israel:Julle het my waarskuwing verwerp,julle het julle vertroue gestel in geweld en bedrogen daarop gesteun.

13. Daarom word hierdie sonde vir julle'n hoë stuk muur wat oorhang en dreig om te valen dan skielik, onverwags inmekaarstort

Jesaja 30