Jesaja 3:1-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die Here die almagtige Godgaan uit Jerusalem en Judaelke stut en steunpilaar verwyder:almal wat sorg vir brood en water,

2. elke weerbare burger, elke soldaat, regter, profeet, waarsêer, leier,

3. offisier, hoë amptenaar, raadgewer, kundige vakman en ervare besweerder.

4. Die Here sal aan onvolwassenes gesag gee oor die volk,wispelturige mense sal oor hulle heers.

5. Die volk sal mekaar te lyf gaan,man teen man, vriend teen vriend;seuns sal grysaards te lyf gaan,en dié wat nie gesag het nie, die vooraanstaandes.

6. As iemand sy broer in die ouerhuis pak en sê:“Jy het darem nog behoorlike klere, wees ons leieren regeer oor hierdie vervalle spul,”

7. sal hy op daardie dag uitroep:“Ek wil nie die leiding neem nie!Daar is nie kosen ook nie behoorlike klere in my huis nie;moet my nie aanstel as leier van die volk nie.”

8. Jerusalem het gewaggel,Juda het in duie gestortomdat hulle hulle met woord en daadteen die Here en teen sy gesag verset het.

9. Hulle partydigheid in die regspraak getuig teen hulle.Hulle sondig openlik soos Sodom,hulle steek niks weg nie.Ellende wag vir hulle,hulle het die ramp verdien!

10. Sê vir die regverdiges met húlle sal dit goed gaan;hulle sal die vrug van hulle dade geniet.

11. Maar ellende wag vir die skuldiges;wat hulle gedoen het,sal aan húlle gedoen word.

12. My volk het kinders as regeerders,vrouens as heersers.My volk, jou leiers verlei jouen bring jou van koers af.

Jesaja 3