1. 'n Uitspraak van die Here teen Tirus:Huil, bemannings van die skepe wat op pad is na Tarsis toe,want julle moederstad is verwoes.Julle het dit gehoor toe julle van Kittiërland af gekom het.
2. Julle moet stil wees, inwoners van die eiland,julle wat handel dryf met Sidon, julle wie se rykdom oor die see aankom!
3. Oor die groot waters word die graan van die Sigor, die oes van die Nyl,na Tirus toe gebring; daarmee dryf die nasies handel.
4. Laat sak jou kop in skaamte, Sidon,want die see, die vestingstad van die see, sê:“Ek het nooit geboortepyne gehad nie,ek het nie kinders in die wêreld gebring nie;ek het nie jongmanne grootgemaak,dogters opgevoed nie.”