Jesaja 16:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Stuur uit Sela in die woestyn na Sionsberg toelammers vir die regeerder van die land,

2. want soos voëltjies wat rondfladder nadat hulle uit die nes geskop is,so drom die mense van Moab by die Arnon se driwwe saam.

3. Hulle sê vir Juda:“Gee vir ons raad, maak 'n plan,laat u skaduwee oor ons val,maak dit donker oor ons op hierdie snikhete dag,beskerm dié wat verjaag is,moenie die vlugtelinge uitlewer nie!

4. Neem Moab se vlugtelinge in beskerming,wees vir ons 'n skuilplek teen dié wat vir ons wil vernietig!”Wanneer die nood verby is,die verwoesting tot 'n einde komen dié wat die land vertrap, weg is,

5. sal die Here in sy trou 'n troon oprig,en daarop sal 'n heerser sit uit die nageslag van Dawid.Hy sal betroubaar wees: hy sal hom beywer vir wat reg is,hy sal reg laat geskied.

6. Ons het gehoor van die hoogmoed van Moab,van sy trots, sy vermetelheid, sy hoogmoed, sy hovaardigheid,maar sy grootpratery het tot niks gelei nie!

7. Daarom huil Moab nou oor Moab,hulle huil almal,hulle kerm verslae oor die rosyntjiekoeke van Kir-Geres,

8. want die wingerde op die terrasse van Gesbonen die wingerde van Sibma verwelk.Hulle wyn het heersers van nasies dronk gemaak,dié wingerde wat gestrek het tot by Jaser,gerank het tot in die woestyn.Hulle ranke het welig gegroeien tot by die see gekom.

Jesaja 16