Jesaja 14:15-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

15. Maar jy stort af in die doderyk,af tot in sy diepste deel.

16. Dié wat jou daar sien, sal jou aangaap,hulle sal jou bekyk en vra:“Is dit die man wat die aarde laat bewe het,wat koninkryke laat wankel het,

17. die man wat die wêreld onbewoon gemaak heten die stede vernietig het,die man wat sy gevangenes nie vrygelaat hetom terug te gaan huis toe nie?”

18. Al die konings van die nasiesis met eer begrawe,elkeen in sy eie graf.

19. Maar jý word nie begrawe nie, jy word weggegooisoos 'n boomtak wat klaar vrot is.Jy lê toe onder die lykevan dié wat doodgesteek is.Jy is soos dooie aas wat vertrap word.Ander word begrawe in grafte in die rots,

20. maar jy word nie begrawe nie,want jy het jou eie land verwoesen jou eie mense laat doodmaak.Die naam van 'n skurk word nie in gedagtenis gehou nie.

21. Maak reg die plek om sy seuns dood te maakoor die sondes van hulle voorgeslag,dat die seuns nie die aarde in besit kan neemen die wêreld vol stede bou nie.

22. Ek sal hulle aanval,sê die Here die Almagtige.Ek sal maak dat die gedagtenis aan die koning van Babel verdwyn,dat daar niks van hom oor is nie,nie een enkele afstammeling nie, sê die Here.

Jesaja 14