Jesaja 11:1-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. 'n Takkie sal uitspruituit die stomp van Isai,'n loot uit sy wortels sal vrugte dra.

2. Die Gees van die Here sal op hom rus:die Gees wat wysheid en insig gee,die Gees wat raad en sterkte gee,die Gees wat kennis verleen en eerbied vir die Here.

3. Die takkie sal vreugde vind in die diens van die Here.Hy sal nie regspreek volgens uiterlike skyn nieen nie oordeel volgens hoorsê nie.

4. Hy sal die armes billik verhooren die ootmoediges in die land regverdig oordeel.Hy sal die goddeloses in die land hard oordeel,met sy uitsprake sal hy hulle om die lewe bring.

5. Hy sal regverdig en betroubaar regeer.

6. Wolwe en skape sal dan saam bly,luiperds sal tussen bokkies lê,kalwers, leeus en voerbeeste sal bymekaar weesen klein seuntjies sal vir almal sorg.

7. Koeie en bere sal saam wei,hulle kleintjies sal bymekaar lê,leeus sal gras eet soos beeste.

8. Babatjies sal by die gate van adders speel,klein kindertjies sal hulle hande uitsteek na giftige slange.

9. Op my heilige berg sal niemand kwaad aanrig of iets verniel nie, want die aarde sal so vol wees van die kennis van die Here soos die see vol water is.

Jesaja 11