7. Die trekooievaar ken sy tye van kom en gaan, die tortelduif, die swaeltjie en die kraanvoël kom op 'n vaste tyd terug, maar my volk wil nie weet wat die Here vir hulle vasgestel het nie.
8. Hoe kan julle sê: “Ons het wysheid, ons het die wet van die Here by ons”?Dié wat die wet neerskryf, pleeg bedrog, hulle vervals die wet!
9. Die wyse mense staan verslae, hulle is verbyster, in hulle eie net gevang. Hulle het die woord van die Here verwerp, en wat baat hulle wysheid hulle nou?
10. Ek sal hulle vrouens aan ander gee en hulle grond aan nuwe eienaars, want almal, klein en groot, wil hulleself net verryk, almal, selfs profete en priesters, is uit op bedrog.
11. Hulle het 'n goedkoop raat vir die wonde van my volk. Hulle sê net: “Alles is reg! Alles is reg!” Maar niks is reg nie.
12. Wanneer hulle aan die kaak gestel word oor die gruwelike dinge wat hulle gedoen het, skaam hulle hulle nie eens nie, hulle weet nie van skaamte nie. Daarom sal hulle tot 'n val kom soos al die ander voor hulle; wanneer hulle rekenskap moet gee, sal hulle omkom, sê die Here.
13. Wanneer Ek die oes by hulle kom insamel, sê die Here, is daar geen druiwe aan die wingerdstok en geen vye aan die vyeboom nie, selfs die blare is verdroog; daarom sal Ek my volk oorgee om vernietig te word.
14. Waarom bly ons sit? Roep almal bymekaar, laat ons in die vestingstede ingaan en daar gaan omkom, want die Here ons God laat ons omkom. Hy gee ons gifwater om te drink, want ons het teen Hom gesondig.
15. Ons wag dat alles moet regkom, maar dit gaan nie goed nie, ons wag op 'n tyd van verbetering, maar daar is net rede tot skrik.
16. Van Dan af hoor 'n mens die gesnuif van die vyand se perde; die gerunnik van sy perde laat die hele land bewe. Die vyand kom en verteer die land en alles daarbinne, elke stad met sy inwoners.
17. Ek stuur giftige slange onder julle inom julle te pik, sê die Here,adders wat niemand kan besweer nie.
18. My smart oorweldig my, ek is hewig ontsteld.
19. Hoor hoe benoud roep my volk uit 'n ver land:“Is die Here nie meer in Sion nie?Is Sion se Koning nie meer in hom nie?”Waarom tart hulle My met hulle afgodsbeelde,met hulle vreemde nikswerd gode?
20. “Die oes is af, die somer is verby, en ons is nog nie gered nie.”
21. My volk se wonde is ook my wonde, ek is in die rou, deur angs oorweldig.
22. Is daar nie balsem in Gilead nie? Is daar nie 'n dokter nie? Waarom het my volk nie gesond geword nie?