Jeremia 26:3-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Miskien sal hulle luister en hulle van hulle verkeerde lewe bekeer. Dan sal Ek die straf herroep wat Ek oor hulle wou bring oor hulle sondige dade.

4. Jy moet vir hulle sê: So sê die Here: Julle moet na My luister en my wil doen wat Ek aan julle bekend gemaak het.

5. Julle moet luister na wat my dienaars die profete sê, my profete wat Ek vroeg en laat na julle toe gestuur het sonder dat julle na hulle geluister het.

6. As julle dit nie doen nie, sal Ek hierdie huis soos Silo maak en Ek sal hierdie stad maak tot iets waarmee al die volke van die wêreld ander vervloek.

7. Die priesters, die profete en die hele volk het Jeremia hierdie dinge hoor sê in die huis van die Here.

8. Toe Jeremia klaar vir die volk alles gesê het wat die Here hom beveel het om vir hulle te sê, het die priesters en die profete en die hele volk hom gepak en gesê: “Jy moet beslis sterf!

9. Waarom tree jy in die Naam van die Here op as profeet en sê dan dat hierdie huis soos Silo sal word en dat hierdie stad verwoes sal word en sonder inwoners sal wees?”Die hele volk het in die huis van die Here om Jeremia saamgedrom.

10. Toe die amptenare van Juda al hierdie dinge verneem, is hulle van die paleis af na die tempel toe. Hulle het by die nuwe poort van die tempel gaan sit,

Jeremia 26