Jeremia 22:3-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. So sê die Here: Handhaaf die reg en wees regverdig! Red dié wat beroof word, uit die mag van die uitbuiter, ook die vreemdeling, die weeskind en die weduwee. Moenie die reg vertrap nie, moenie geweld pleeg en moenie mense onskuldig om die lewe bring in hierdie plek nie.

4. As julle stiptelik volgens my woord lewe, sal konings wat op die Dawidstroon sit, deur die poorte van hierdie paleis kom en hulle sal op waens en perde ry, hulle en hulle amptenare en hulle volk.

5. Maar as julle nie na my woorde luister nie, bevestig Ek nou vir julle met 'n eed dat hierdie paleis 'n puinhoop sal word, sê die Here.

Jeremia 22