Genesis 47:5-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Toe sê die farao vir Josef: “Jou vader en jou broers het nou na jou toe gekom.

6. Egipte is tot hulle beskikking. Jy moet hulle in die beste deel van die land laat woon; hulle kan in die Gosenstreek aanbly. En as jy weet van knap manne onder hulle, moet jy dié in bevel plaas van my vee.”

7. Josef het ook sy pa Jakob gebring en hom aan die farao voorgestel. Toe Jakob hom gegroet het,

8. vra hy vir Jakob: “Hoe oud is u?”

9. Jakob het vir hom gesê: “Ek is nou al honderd en dertig jaar 'n vreemdeling hier op aarde. In vergelyking met dié van my voorvaders is dit maar min, en my lewensjare was vol swaarkry.”

10. Toe groet Jakob die farao en vertrek.

11. Josef het sy pa en broers in Rameses laat woon. Hy het vir hulle in die beste deel van Egipte eiendom gegee soos die farao hom beveel het.

Genesis 47