Genesis 47:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Josef is toe daar weg en hy het die farao gaan inlig. Josef het vir hom gesê: “My vader en my broers het met hulle kleinvee en grootvee en alles wat hulle besit, hier aangekom uit Kanaän. Hulle is nou in die Gosenstreek.”

2. Josef het vyf van sy broers saamgevat en hulle aan die farao voorgestel,

3. en hy het hulle gevra: “Wat is julle nering?” Hulle het hom geantwoord: “Ons is kleinveeboere, ons en ons voorvaders.”

Genesis 47