Genesis 13:6-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Die land kon nie in Abram en Lot saam se behoeftes voorsien sodat hulle bymekaar kon bly nie. Hulle besittings was te veel; hulle kon nie bymekaar bly nie.

7. Die Kanaäniete en die Feresiete het ook nog in die gebied gewoon. Daar het toe 'n getwis ontstaan tussen Abram se veewagters en Lot s'n.

8. Toe sê Abram vir Lot: “Daar behoort nie 'n getwis te wees tussen my en jou en tussen my veewagters en joune nie, want ons is familie.

9. Die hele land lê oop voor jou. Gaan jy liewer weg van my af. As jy links gaan, gaan ek regs; en as jy regs gaan, gaan ek links.”

10. Lot het toe rondgekyk en gesien die hele Jordaanstreek tot by Soar het so volop water soos 'n tuin van die Here, soos Egipte. Dit was naamlik nog voordat die Here Sodom en Gomorra verwoes het.

Genesis 13